Hernubare energie kan wêreld miljarde spaar

‘n Studie deur die Oxford-universiteit sê oorskakeling van fossielbrandstowwe na hernubare energie kan die wêreld teen 2050 tot soveel as 209,24 miljard Namibiese dollar spaar. Die bevindings is gegrond op ‘n oorsig oor historiese prys-data vir hernubares en fossielbrandstowwe, en modellering oor hoe dit waarskynlik in die toekoms sal verander. Navorsers glo die groen opsie maak nou ekonomies sin weens die afname in die koste van hernubares. Wind- en sonkrag is reeds die goedkoopste keuses vir nuwe kragprojekte.