Anne bring hulde aan haar ma

Die dogter van koningin Elizabeth die Tweede, prinses Anne, het hulde aan haar ma gebring en gesê sy was bevoorreg om die laaste 24 uur van haar geliefde moeder se lewe te deel. Prinses Anne sê in ‘n verklaring dit was ‘n eer en ‘n voorreg om die koningin op haar laaste reise te vergesel. Sy het die afgelope paar dae saam met haar ma se kis van Skotland na Londen gereis. Die 72-jarige prinses sê om die liefde en respek van soveel mense op die reise te sien het haar terselfdertyd nederig gemaak en haar opgehef. Die koningin lê van vandag af tot Sondag in staatsie in Westminster-saal in Londen.