Herlewing in Kaapse toerisme

Altesaam 4,35 miljoen passasiers het tot dusver vanjaar deur die Kaapstadse Internasionale Lughawe se binnelandse terminaal beweeg. Dit verteenwoordig ‘n herstelsyfer van 71 persent vir die jaar tot dusver, teenoor dieselfde tydperk in 2019. In September het sowat 486 000 twee-rigting binnelandse en 152 000 internasionale reisigers deur die lughawe beweeg. Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê dit verteenwoordig ‘n herstelkoers van onderskeidelik 66 en 81 persent teenoor September 2019: