Rassie se dokumentêr volgende week te siene

M-Net en SuperSport se jongste dokumentêr fokus op die enigma, Rassie Erasmus. Die première van die rolprent oor SA Rugby se direkteur van rugby, met die titel Rassie: The Official Film, sal volgende Sondag op die twee kanale te sien wees. Dit vertel die verhaal van Erasmus se lewe, vanaf sy kinderdae in Despatch. Die dokumentêr, wat as boeiend, emosioneel en verrassend beskryf word, is vervaardig deur dieselfde span wat Chasing the Sun gemaak het oor die Springbokke se Wêreldbeker-oorwinning in 2019, en Two Sides, oor die Bokke se reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus.