Henties se Spar is in puin gelê

Hentiesbaai se Spar blyk om heeltmal verwoes te wees na die brand wat gisteraand rondom nege-uur by die sentrum uitgebreek het. ‘n Video, wat ook op Kosmos 94.1 se Facebook-blad gedeel is, wys miljoene dollar se skade in die winkel. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie maar dit het vermoedelik, volgens wat berig was, ontstaan by ‘n winkel wat wegneemetes voorberei. Die omvang van die skade is nog nie bekend nie maar, ‘n groot deel van die sentrum is in puin gelê.