Henry Kissinger is 100 jaar oud

Die Amerikaanse diplomaat, politieke ontleder en raadgewer, Henry Kissinger, wat die minister van buitelandse sake en nasionale veiligheidsraadgewer was van Presidente Richard Nixon en Gerald Ford, is vandag 100 jaar oud. Hy is in 1923 in die Beierse dorp Fürth in Duitsland gebore. Sy belangstelling in Suider-Afrika het in Junie 1976 begin, toe hy samesprekings in die destydse Wes-Duitsland gevoer het met Suid-Afrika se eerste minister John Vorster oor die weg na ‘n swart meerderheidsregering in Rhodesië, nou Zimbabwe. Daarna het hy ook ‘n rol gespeel met die krisis in Ethiopië, onafhanklikheid vir Namibië, en die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika. Dr. Riaan Eksteen, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Namibië, het vanaf Swakopmund met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor Kissinger sy mylpale.