Geingob soek nie inmenging by Hyphen-projek

President Hage Geingob sê Namibiërs moenie inmeng by die Hyphen-groenwaterstofprojek en hul vertroue in die regering plaas. Hy sê die regering en vennote moet toegelaat word om die projek ten volle te implementeer. Die Namibiese regering het vandag by Staatshuis die mylpaal-ooreenkoms met Hyphen Hydrogen Energy vir die ontwikkeling, implementering en bedryf van die beplande groenwaterstof-projek in die Tsau//Khaeb Nasionale Park onderteken. Die totale projek-belegging is 10 miljard Amerikaanse dollar. Geingob sê soortgelyke ontwikkelingsprojekte het misluk weens te veel plaaslike inmenging.