Dis nie net van sommer skuld afskryf nie – NamWater

Die uitvoerende hoof van NamWater het gereageer op die beroep van die adjunk-leier van die Landless People’s Movement, Henny Seibeb ,dat die amper 2,2 miljard Namibiese dollar wat plaaslike owerhede aan NamWater en NamPower skuld, afgeskryf moet word. Abraham Nehemia sê uitstaande skuld is ‘n kwessie van finansiële bestuur en skuld kan nie net willekeurig afgeskryf word nie.