Helikopter word gesoek om Suide-brande te bestry

‘n Helikopter word dringend gesoek om water uit die Nautedam by Keetmanshoop te skep om die veldbrande in die omgewing van Karasburg te help blus. Sean Naudé van die Namibian Marshal Rangers sê daar is reeds mense beseer en een persoon is hospitaal toe geneem. Verliese aan vee en wild, asook skade aan weiding en infrastruktuur is aangemeld. Naudé sê aan Kosmos 94.1 Nuus die veldbrand is besig om na die suid-oostelike grens aan Suid-Afrika te versprei.