Helikopter stort neer in die Vaaldam in Suid-Afrika

Twee mense is vermoedelik dood toe ‘n helikopter in die Vaaldam in Suid-Afrika neergestort het. Shawn Herbst van Netcare 911 sê paramedici is na die Vaal Marina in Gauteng ontbied waar die Robinson R44-helikopter sowat 200-meter vanaf die oewer in die dam beland het. Polisieduikers het ‘n liggaam gevind en uitgehaal. Die tweede insittende is nog vermis en het vermoedelik ook noodlottige beserings opgedoen.