Skotse parlementslid lê ampseed in Shona af

‘n Skotse parlementslid wat in Zimbabwe gebore is en grootgeword het, het groot opwinding op sosiale media veroorsaak deur haar ampseed in Shona af te lê. Maggi Chapman sê volgens berigte sy wou ‘n bietjie van Afrika na die Skotse Parlement bring. Sy voeg by haar ma het in Zimbabwe die verrigtinge dopgehou in die huis waarin sy gebore is. Chapman se pa is ‘n musiek-regisseur en haar ma ‘n verpleegkundige.