Meer as ‘n kwart van volwassenes in EU huiwerig oor Covid-19 inentings

Meer as ‘n kwart van volwassenes in die Europese Unie sal hulle waarskynlik nie teen Covid-19 laat inent nie. ‘n Opname deur Eurofound het bevind 27 persent van volwassenes in die groepering sal baie waarskynlik of taamlik waarskynlik nie die inenting kry nie. Byna 47-duisend mense het tussen Februarie en Maart aan die EU-agentskap se opname deelgeneem. Nuusagentskappe berig die huiwering is effens groter onder mans as vroue en erger in Oos-Europese lande.