Helge Denker stel gidsboek oor Namibiese wildparke bekend

‘n Gidsboek oor Namibië se wildparke, Namibia Nature Parks, geskryf deur die bekende Namibiese omgewingskenner, Helge Denker, sal vanaf volgende week by Gondwana-lodges en boekwinkels in Namibië beskikbaar wees. Denker vervat 22 nasionale parke onder staatsbeskerming in die boek, asook twee private natuurreservate. Hy gee ook ‘n oorsig van gemeenskapsbewaring wat die habitat van wildlewe tussen parke handhaaf. Gondwana se skakelbeampte, Inke Stoldt, praat met Kosmos 94.1 Nuus.