Wateroordragregte draai in SA howe

Belanghebbers in die landbousektor sal Agri SA en die Suid-Afrikaanse watergebruikers-vereniging se saak fyn dophou wanneer hulle in Augustus die regering in die Appèlhof aandurf oor wateroordrag. Die departement van water en sanitasie het in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ‘n saak gewen dat water-regte nie oorgedra mag word nie. ‘n Regskenner oor die Waterwet, Janse Rabie, sê daar is groot implikasies as die appèl onsuksesvol is.