Helderberg Natuurreservaat heropen op 1 Augustus

Stad Kaapstad sê daar word beplan om die Helderberg Natuurreservaat op 1 Augustus te heropen nadat dit verlede maand as gevolg van ‘n bosbrand gesluit is. Die burgemeesters-komiteelid vir ruimtelike beplanning en die omgewing, Eddie Andrews, sê die sluiting het die bio-diversiteitspan die geleentheid gegee om aandag te gee aan dringende erosie-werk en om infrastruktuur, soos heinings en die piekniek-area, veilig te maak vir die publiek.