Sanger Shonka Dukureh sterf in Nashville

Die sanger en akteur, Shonka Dukureh, wat die rol van die blues-sanger, Big Mama Thornton, in die fliek, Elvis vertolk het, is dood aangetref by haar huis in Nashville, Tennessee. Volgens ʼn polisieverklaring het een van die die 44-jarige se twee jong kinders haar leweloos aangetref. Geen gemene spel word vermoed nie en ʼn lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal. Dukureh het teenoor Austin Butler as Elvis Presley en Tom Hanks as Colonel Tom Parker opgetree in die rolprent van 2022, haar eerste groot filmrol.