Nehawu sit salaris-onderhandelings met SA Inkomstediens voort

Die vakbond Nehawu sit die naweek sy salaris-onderhandelings met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens voort. Byna 50 kantore van die Ontvanger word geraak deur ‘n staking. Namibiese vragmotors word ook op Suid-Afrikaanse grensposte opgehou weens die staking. Werknemers eis ‘n verhoging van 12 persent en mediese en ander voordele. Nehawu se woordvoerder, Lwazi Nkolonzi, sê die vakbond hoop om daarna ledevergaderings te belê om die pad vorentoe te beplan.