Heineken-transaksie kry groenlig: Wat nou?

Die Ohlthaver en List-groep het gereageer op die Namibiese Mededingingskommissie wat voorwaardelik die Heineken, Distell en NBL-transaksie goedgekeur het. Alhoewel die transaksie nog in verskeie ander jurisdiksies goedgekeur moet word, is die kommissie se goedkeuring ‘n belangrike mylpaal in die regulering en goedkeuring van die proses. NBL is betrokke by die produksie, bemarking, verspreiding en verskaf ‘n reeks bier. Verder verskaf NBL sekere Heineken-handelsmerke, spesifiek Heineken Pure Malt Larger en Strongbow-cider. Heineken is die tweede grootste bierprodusent ter wêreld. Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep, Sven Thieme, gesels oor die pad vorentoe.