Heineken se oorname-proses van Distell, NBL ‘ingewikkeld’

Die Nederlandse bierbrouer, Heineken, beplan om beheer oor Suid-Afrika se Distell-groep te neem, asook oor Namibia Breweries. Heineken se uitvoerende hoof, Dolf van den Brink, het gesê die transaksie sal logistiek verbeter en verkoopspunte vergroot, wat dikwels vir bier, wyn en spiritualieë in Suid-Afrika gedeel word, en sal dieselfde in Namibië doen. Dit bied ook groei in ander Afrika-markte, soos Kenia en Tanzanië, het hy gesê. Leon Fouche, Distell Namibia se besturende direkteur, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die transaksie-proses is ingewikkeld en kan ‘n wyle duur.