Petisie oor kliëntediens van NamRA op sosiale media versprei

Die Namibië Inkomste Agentskap, NamRA, is bewus van ‘n petisie wat op sosiale media versprei word rakende kwessies oor kliëntediens by NamRA. Sommige van die kwessies in die petisie is oor die Geïntegreerde Belastingadministrasie-stelsel, ITAS, belastingterugbetalings en die elektroniese belastingstelsel-program. Terwyl NamRa erken dat ITAS nog nie ten volle operasioneel is nie, sê hulle dat baie belastingbetalers reeds hul belastingopgawes so deur die platform ingedien het. Steven Ndorokaze, hoof van strategiese kommunikasie en ondersteuning by NamRA, sê belastingonderrig gaan landwyd plaasvind.