Heffings kom op tweedehandse klere

Die Namibiese Inkomste-agentskap NamRA het aangekondig dat daar invoerbelasting op tweedehandse klere gehef sal word. Die agentskap se kommissaris, Sam Shivute, sê hulle oorweeg ongeveer 20 persent op totale invoere of, moontlik ook ‘n vasgestelde tarief. Die aankondiging kom kort na hy besoek aan die kus afgelê het. Daar het Shivute bekend gemaak dat 63 persent van goedere wat in die land ingevoer word vir handelsdoeleindes is onderwaardeer, verkeerd geklassifiseer of nie verklaar nie. Hy het melding gemaak van groot verliese vir die staat en bevestig dat ‘n besending denims, byvoorbeeld, was verklaar op ‘n waarde van 20 sent per item. Op die oomblik is daar ‘n heffing van 25 Namibiese dollar per kilogram tweede-handse klere wat vir kommersiële doeleindes ingevoer word. Duisende huishoudings maak staat op die invoer van die klere om ‘n inkomste te verdien.