Groeiende informele sektor – kenner gesels

Die deurwinterde arbeidskenner en voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, Tim Parkhouse, het sy stem bygevoeg by die nuus dat 56 persent van die land se arbeidsmag deel vorm van die informele sektor. Parkhouse sê die probleem is multi-dimensioneel en daar is voordele en nadele aan beide kante.