Hef sanksies teen Zim op, asb

Die voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Moussa Faki Mahamat, het die unie se eis vir die onmiddellike en onvoorwaardelike opheffing van sanksies wat teen Zimbabwe ingestel is en ter ondersteuning van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se herdenking van Anti-Sanksiedag, weer beklemtoon. Die voorsitter bly bekommerd oor die negatiewe impak van voortgesette sanksies op die land se sosio-ekonomiese ontwikkeling en herstelpogings. John Robertson, ‘n ekonoom in Zimbabwe, sê die sanksies is nie die oorsaak van die land se swak ekonomie nie, maar grondkwessies.