Stuifmeel, en antieke stuifmeel – dis ‘n ding… vir klimaatsverandering

Antieke stuifmeelkorrels wat in afsettingsgesteentes gevind is en duisende jare terugdateer, help wetenskaplikes om lig te werp op Suid-Afrika se klimaatstoestande in die verlede en in die toekoms. Die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en die grasland-biome van die Vrystaat is sleutelstreke vir die stuifmeelnavorsing. ‘n Navorser, Lynn Quick, sê namate die klimaat in die 21ste eeu al hoe warmer word, is daar kommer oor graslandspesies wat in reaksie hierop teen berghellings begin opbeweeg. Die navorsing kan help om ‘n strategie te ontwikkel om die land se biodiversiteit te beskerm…