Eskom moenie politieke speelbal word nie

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê Eskom moenie as ‘n politieke speelbal gebruik word terwyl die land hom gereed maak om Maandag na die stembus te gaan nie. Die land se kragnetwerk was die afgelope paar dae onder groot druk met Eskom wat gister gedwing is om fase vier-beurtkrag in te stel. Gordhan het die land toegespreek en gesê die prioriteit is nou om Eskom te help om beter te doen en kragonderbrekings te vermy:

Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, sê intussen misdadige elemente het bedrywighede by die instelling belemmer: