Amerikaanse burgers moet die Oekraïne eerder verlaat

Die Verenigde State het vandag sy burgers aangemoedig om die Oekraïne te verlaat en sê daar word bespiegel dat Rusland gereed maak om burgerlike en regeringsinfrastruktuur te teiken in die volgende paar dae soos die oorlog die ses maande-kerf bereik. Die waarskuwing volg op ‘n verbod deur die Oekraïnse regering op vieringe in die hoofstad Kiëf op Woensdag se herdenking van onafhanklikheid weens vrese vir ‘n aanval. Ses maande na Rusland se inval op 24 Februarie, en met duisende sterftes en wydverspreide vernietiging van stede, is die konflik op ‘n dooiepunt. Russiese magte beheer ‘n groot deel van die suide, insluitend langs die Swartsee-kus, en dele van die oostelike Donbas-streek. Die vooruitsigte vir vrede lyk byna onmoontlik.