IMF sê nee vir verhogings in GRN

Die bepalings van die 3,9 miljard Namibiese doller lening wat deur die Internasionale Monetêre Fonds aan die Namibiese regering einde Maart vanjaar goedgekeur is, beteken dat staatsamptenare nie die jaar enige opwaartse salaris aanpassings gekoppel aan inflasie kan ontvang nie. Die regering het ook onderneem nie poste te vul waar persone bedank het of afgetree het nie. ‘n Vroeë aftreding skema moet ook in die 2022-2023 en 2023-2024 finansiële jare ingestel word.