Hauwei reik uit na SA

Die inligtingstegnologie-reus Huawei sê hy tref voorbereidings om die hernubare energiesektor in Suid-Afrika te betree met planne om hernubare kragsentrales in die land te vestig. Die Chinese maatskappy het by ‘n onlangse aanlyngeleentheid sy hernubare energiestrategie vir Afrika bekendgestel. Sy plaaslike hernubare energie-eenheid, die Huawei Suider-Afrika Digitale-krag-maatskappy, sê sy mikpunt is om te help bou aan Afrika se intelligente groen-energienetwerk en om die aansienlike energiegaping op die vasteland te oorbrug. Dit gaan gedoen word deur die oprigting van koolstofvrye sentrums, koolstofvrye datasentrums en slim sonkrag-oplossings.