Korrektiewe Dienste het met inentings begin

Inentings het reeds by korrektiewe fasiliteite regoor die land begin. Die hoof van die diens se personeel direktoraat kommissaris Sam Shalulange het dit aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig na navrae oor die uitstel van die Fishrot-verhoor as gevolg van Covid-vrese. Shalulange sê die diens se voorraad is op en hulle wag op die volgende besending.