Gaza moet sy hulp in koopbewyse ontvang meet Bennett

Israel sê buitelandse hulp aan Gaza moet deur middel van ‘n koopbewysstelsel uitbetaal word om te verseker dat die fondse nie in die hande van Hamas beland nie. Dit is die mening van die premier Naftali Bennett wat die hulpstelsel so wil aanpas. Humanitêre agentskappe sê 500 miljoen Amerikaanse dollar is nodig om die strook te herbou na die onlangse oorlog wat 11 dae geduur het. Fondse wat deur Katar bewillig is moet volgens Bennet nie in tasse na Gaza toe gaan nie omdat Hamas dit vir homself en sy amptenare sal gebruik.