Haufiku sê ons moet uiters versigtig wees vir stygende getalle

Dr. Bernard Haufiku, die voormalige Namibiese gesondheidsminister, sê alhoewel Covid-hospitaliseringsgevalle besig is om af te neem, beteken dit nie Namibiërs op hul louere moet rus nie. Hy sê met skole wat môre begin, bestaan die gevaar dat leerders die virus verder kan versprei. Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.