120 SA-prokureurs in drie jaar geskors

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Regspraktisyns het aangekondig dat hy die afgelope drie jaar bykans 130 regspraktisyns van die rol geskrap het. Nagenoeg 120 prokureurs is ook in dié tyd geskors. Sthembiso Mnisi van die raad sê die raad mag ingevolge die Wet op Regspraktisyns teen regspraktisyns optree om sodoende die publiek teen wangedrag te beskerm: