Derde Capitol Hill polisiebeampte pleeg selfmoord

‘n Derde polisiebeampte wat op 6 Januarie opgetree het tydens die aanval op die Amerikaanse Kongresgebou, het sy eie lewe geneem. Internasionale media berig dat Gunther Hashida Donderdag in sy huis dood aangetref is. Hy het 18 jaar by die Washingtonse polisie gewerk. Hashida se dood is sover bekend die derde selfdood wat volgens wetstoepassers verband hou met die geweld by die kongresgebou. Geweld het uitgebreek toe aanhangers van die gewese president, Donald Trump, die bevestiging van Joe Biden se oorwinning in die verkiesing wou verhoed.