Shivambu sê Ramaphosa oortree die wet

Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, beskuldig die Suid-Afrikaanse Reserwebank dat hy president Cyril Ramaphosa probeer beskerm oor die rooftog by sy Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Aantal partye wil hê die Reserwebank moet ondersoek instel of Ramaphosa enige valutabeheermaatreëls oortree het aangesien die gesteelde geld Amerikaanse dollars was. Die bank se goewerneur, Lesetja Kganyago, sê dit sal die voortgaande ondersoek belemmer indien hy oor die saak kommentaar lewer. Shivambu sê Ramaphosa oortree die landswette: