Harry Knoesen skuldig bevind aan hoogverraad

Die hooggeregshof in Middelburg het terroris Harry Johannes Knoesen skuldig bevind aan hoogverraad, aanhitsing om terreur-aanvalle in Suid-Afrika te pleeg, die inwin van steun en werwing van mense om terreur-aanvalle uit te voer, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie. Dit volg nadat Knoesen en vyf medepligtiges in 2019 saamgesweer het om die regering omver te werp en dit te vervang met die regse Crusaders-organisasie. Die saak teen Knoesen is tot 10 Junie uitgestel vir vonnisoplegging.