Dippenaar weer sonder regsverteenwoordiging in Joschko-dagvaardiging

Die siviele saak teen Jandre Dippenaar kom vlugtig vanoggend voor vir ‘n statusverhoor. Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2019 dagvaar vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Sy het reeds die saak in 2017 hangende gemaak en daar was herhaalde vertragings omdat Dippenaar sonder regsverteenwoordiging was en nie regshulp kon bekom nie. Regter Shafimana Ueitele, wat die saak aanhoor, het op 7 Junie vanjaar advokaat Vanessa Kauta as amicus curiea vir Dippenaar aangestel. Sy het as ‘n onpartydige adviseur gedien. Maar, op 8 November vanjaar het Dippenaar self in die hof verskyn en vir uitstel gevra omdat hy regsverteenwoordiging wil bekom. Die saak is tot vandag uitgestel maar Joschko se prokureurs het hulle frustrasie in ‘n statusverslag uitgespreek omdat Dippenaar steeds nie regsverteenwoordiging bekom het nie. Hulle vra dat die regter vandag die saak probeer bespoedig.