Hardap vat sy eerste water van die seisoen

Terwyl die Visrivier, wanneer hy begin loop, baie sterk loop, is daar talle kuile wat eers moet vol loop voor dat die dam water inneem. Invloei is op die oomblik redelik laag op 6,6 kubieke meter per sekonde maar daar was invloei van 569 000 kubieke meter wat die dam op 46,9 persent te staan bring. Daar word verwag dat enige water wat nou in die Vis afkom, reguit dam toe sal loop. Rico Botma, ‘n boer by die Hardap-groenskema, wat in die winter rekord koringaanplantings gedoen het, sê dit is uiters goeie nuus.