Hardap-sluise: wees paraat maan munisipaliteitshoof

Daar is ‘n wesenlike kans dat die sluise van die Hardapdam vanaand oopgetrek sal word. Die nuus kom na ‘n plaasdam op die Packriem-rivier gebreek het wat die invloei na die dam skerp laat toeneem het. Sluise word sedert die 2006 vloed, rondom 70 persent getrek. Die hoof uitvoerende beampte van die Mariental-munisipaliteit Paul Nghiwelepo sê daar is nie nou rede tot kommer nie.