Franse vloot kom in Durban aan

Die Franse ambassade in Pretoria sê sy vloot se patrollieboot Champlain is tans in die Durban-hawe vasgemeer. Die skip het Maandag in die hawe aangekom en vertrek môre weer. Die Champlain is by die Franse eiland La Réunion gestasioneer. La Réunion is wettig en grondwetlik ‘n belangrike deel van Frankryk. Die skip het vroeër vandeesmaand op ‘n drie maande lange patrollie in die suidelike Indiese Oseaan vertrek. Die besoek aan Durban is haar eerste aandoenplek.