Hardap, sentrale damme, vat weer water

Beide die sentrale en suidelike damme het water ingeneem. NamWater se jongste opdatering toon dat Von Bachdam 76 000 kubieke meter ontvang het en die dam is tans op 32,7 persent. Swakoppoort het weer water ingeneem, 459 000 kubieke meter wat sy totaal op 80,5 persent te staan bring. Omatako het 158 000 kubieke meter ontvang en is 5,9 persent vol.  In die Suide het Hardap 376 000 kubieke meter water ingeneem, laer as die 564 000 wat Donderdag aangeteken is, wat die dam op 46,3 persent te staan bring.