Hardap se sluise word oopgetrek

Hardapdam se sluise sal om agt-uur vanoggend oopgetrek word om die dam se vlak na 70 persent te bring. Dit volg na voorspellings vir uiters swaar neerslae in die sentrale en noordelike dele van die land, oorblyfsels van die tropiese storm Ana. Die Mariental-munisipaliteit sê 200 kubieke meter per sekonde sal vir sewe ure vrygelaat word en dit sal dan opgestoot word na 400 kubieke meter per sekonde. Die munisipaliteit sê die situasie kan enige tyd verander en inwoners moet paraat wees.