Vrou sê Chris Brown het haar bedwelm, verkrag

’n Vrou, net bekend as Jane Doe, het ’n regsgeding aanhangig gemaak wat die musikant Chris Brown daarvan beskuldig dat hy haar in Desember 2020 op ’n Florida-seiljag bedwelm en verkrag het. Sy eis 20 miljoen Amerikaanse dollar se skadevergoeding van die Grammy-bekroonde sanger. Sy sê sy is deur Brown genooi om hom te ontmoet by Star Island, Florida, die huis van die kletsrymer Sean Combs. Toe sy aankom, het sy op ‘n seiljag geklim en Brown se aanbod van ‘n drankie aanvaar terwyl hulle haar loopbaan bespreek het. Ná ’n tweede drankie het die vrou skielik gedisoriënteerd en fisies onstabiel begin voel. Sy sê Brown het haar na ‘n slaapkamer gevat en verkrag. Brown ontken die aantygings.