Hardap se sluise eers toegetrek

Die sluise van Hardapdam is om twee-uur vanoggend toegetrek. Die dam staan tans op 70,1 persent. Teen tien-uur gisternag was die dam op 71,2 persent met invloei van 100 kubieke meter per sekonde. Sluise was op 300 kubieke meter per sekonde gestel. Voorspellings vir vandag toon weer goeie neerslae in die dam se opvangsgebied.