Miljarde word vandag op sjokolade bestee

En, sjokolade is vandag ‘n topverkoper. Li-Lac Sjokolade, New York se oudste sjokoladevervaardiger, het oor die afgelope drie dae baie hard gewerk om na vraag te voldoen. Personeel het ongeveer 18 ure daagliks gewerk om genoeg sjokolade hartjies te vervaardig vir beide aanlyn en fisiese aankope. Li-Lac vervaardig reeds sedert 1923 handgemaakte lekkernye. In die VSA word daar verwag dat besteding vandag net minder as 24 miljard Amerikaanse dollar sal bereik, vergeleke met 21,8 miljard dollar in 2021. Lekkergoed is die gewildste Valentynsitem, gevolg deur kaartjies en blomme.