Hannes Engelbrecht gesels oor 97 onopgeëiste liggame wat op Gobabis begrawe is 

Die bestuurder van Toyota Gobabis Hannes Engelbrecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hul pogings om die oorskot van tien babas sowel as 87 volwassenes, wat agtergelaat is by die dorp se staatshospitaal te begrawe. Die storie het groot opslae gemaak omdat families eenvoudig hulle geliefdes in staatskykshuise laat en talle kan nie opgespoor word nie of kan nie die koste van ‘n begrafnis dra nie. Engelbrecht sê hulle het borge genader.  

Hy sê dit is die menslike ding om te doen.