Geingob is uitgenooi na koningin Elizabeth se begrafnis

President Hage Geingob sal koningin Elizabeth II se begrafnis, wat Maandag in Londen plaasvind, bywoon. Dit is bevestig na die Britse Hoë Kommissaris Charles Moore se besoek aan Staatshuis vanoggend, waar hy formeel vir Geingob uitgenooi het. Namibië is een van die 56 lande wat ‘n lid van die Statebond is. Moore het vroeër getwiet dat hy dankbaar is vir die boek van medelye vir koningin Elizabeth wat aangebring is by die Nasionale Vergadering. Hy het veral sy  dankbaarheid uitgespreek teenoor die speaker, Professor Peter Katjavivi se boodskap.