Hangana-botsing: Ondersoek gelas

Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n ondersoek gelas is na die botsing tussen twee vaartuie. Na wat berig word het die botsing teen ‘n stadige spoed in die nag en in digte mis plaasgevind. Daar is geen beserings aangemeld nie maar, die bemanning is beboet. Een van die vaartuie was die Erica van Hangana Seafood, ‘n filiaal van die Ohlthaver en List-groep. Thieme sê dis te vroeg om enige kommentaar te lewer.