Geingob kom aan in New York, onderwysbesprekings vorder goed

President Hage Geingob het in New York aangekom vir die 77ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Op die oomblik is die Transforming Education-beraad ook by die VN aan die gang waar die onderwysministerie se uitvoerende direkteur, Sanet Steenkamp, teenwoordig is. Belangrike aspekte het tot dusver onder die loep gekom in verband met onderwys.  

President Hage Geingob sal vandag aan die hoëvlak algemene bespreking deelneem en môre die Algemene Vergadering toespreek.