Hangala-groep ontwikkel 57-hektaar in hoofstad

Sinco Investments Sixty One het ‘n openbare private vennootskapsooreenkoms met Stad Windhoek in 2017 onderteken om dienste en infrastruktuur te ontwikkel vir ‘n 57 hektaar behuisingsontwikkeling by Auasblick Uitbreiding 1. Sinco word deur die Hangala-groep besit. Die ontwikkeling vind in twee fases plaas. Fase 1 sluit 118 erwe in, waarvan 114 enkelwoon-eenhede is, en ander is vir meenthuise en besighede. Die hoofkontrakteur, Namibbeton, het in Augustus 2021 met werk aan fase 1 begin. Die publiek word uitgenooi om die Auasblick-opedag op 21 Oktober vanaf twee-uur die middag by te woon om ‘n erf te koop in een van die mees gesogte woonbuurte in Windhoek. Dr. Leake Hangala van die Hangala-groep gesels met Kosmos 94.1 Nuus.