Nog ‘n reuse-dwelmvonds in Tshwane

Die burgemeester van die Stad Tshwane, Randall Williams, het die lede van die Metropolisie se Dwelm-eenheid geloof nadat elf Nigeriese burgers vir dwelmhandel aangekeer is. Die vonds is in Pretoria-Oos gemaak. ʼn Woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die verdagtes is tussen 31 en 50 jaar oud en is na bewering betrap terwyl hulle besig was om nyaope te verpak in ʼn huis in Garsfontein. Stuurman sê die dwelms waarop beslag gelê is het ʼn geraamde straatwaarde van 680 000 Suid-Afrikaanse rand: